Psalms 43:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DOEN aan my reg, o God, en verdedig my regsaak teen ’n onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg!

2. Want U is die God van my toevlug; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan in rougewaad deur die vyand se verdrukking?

3. Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge,

Psalms 43