Psalms 42:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?

4. My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?

5. Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof — ’n feesvierende menigte!

6. Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof — die verlossing van sy aangesig!

7. o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af.

8. Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.

Psalms 42