Psalms 4:6-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die Here.

7. Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o Here!

8. Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.

9. Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon.

Psalms 4