Psalms 39:4-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. My hart het warm geword in my binneste; ’n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong:

5. Here, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.

6. Kyk, U het my dae ’n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.

7. Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.

8. En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.

9. Red my van al my oortredinge; maak my nie ’n smaad van die dwaas nie.

10. Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want Ú het dit gedoen.

Psalms 39