Psalms 38:19-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.

20. Maar my vyande lewe, hulle is magtig; en die wat my valslik haat, is groot in aantal.

21. En die wat kwaad vir goed vergeld, behandel my vyandig, omdat ek die goeie najaag.

22. Verlaat my nie, o Here! My God, wees nie ver van my af nie!

23. Maak tog gou om my te help, Here, my heil!

Psalms 38