11. Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.
12. Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom.
13. Die Here lag oor hom, want Hy sien dat sy dag kom.
14. Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg.
15. Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word.
16. Tet. ’n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;
17. want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die Here ondersteun die regverdiges.
18. Jod. Die Here ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.
19. Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.
20. Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die Here soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.