7. Ek haat die wat nietige afgode vereer, maar ék vertrou op die Here.
8. Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het
9. en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.
10. Wees my genadig, Here, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.
11. Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, en my gebeente teer uit.