Psalms 29:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid.Gee aan die Here, o hemelinge, gee aan die Here eer en sterkte!

2. Gee aan die Here die eer van sy Naam; aanbid die Here in heilige sieraad!

3. Die stem van die Here is op die waters, die God van eer donder; die Here is op die groot waters.

4. Die stem van die Here is met krag; die stem van die Here is met heerlikheid.

5. Die stem van die Here breek seders; ja, die Here verbreek die seders van die Líbanon;

Psalms 29