Psalms 28:7-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Die Here is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.

8. Die Here is ’n sterkte vir hulle, en Hy is ’n vesting van verlossing vir sy gesalfde.

9. Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle ’n herder en dra hulle tot in ewigheid.

Psalms 28