7. Hoor, o Here, ek roep luid; en wees my genadig en antwoord my.
8. Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o Here!
9. Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil!
10. Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die Here sal my aanneem.
11. Here, leer my u weg en lei my op ’n gelyk pad, vanweë my vyande.