Psalms 24:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid. Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;

2. want Hý het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.

3. Wie mag klim op die berg van die Here? En wie mag staan in sy heilige plek?

4. Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.

Psalms 24