Psalms 22:16-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. My krag is verdroog soos ’n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.

17. Want honde het my omsingel; ’n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.

18. Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!

19. Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.

20. Maar U, Here, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!

Psalms 22