Psalms 21:8-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Want die koning vertrou op die Here, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.

9. U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.

10. U sal hulle maak soos ’n vurige oond as U verskyn; die Here sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.

11. U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.

12. Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het ’n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.

13. Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig.

14. Verhef U, Here, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang!

Psalms 21