Psalms 21:5-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.

6. Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.

7. Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.

8. Want die koning vertrou op die Here, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.

9. U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.

10. U sal hulle maak soos ’n vurige oond as U verskyn; die Here sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.

11. U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.

12. Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het ’n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.

Psalms 21