2. Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde en sê:
3. Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!
4. Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.
5. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:
6. Ék tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.
7. Ek wil vertel van die besluit: Die Here het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.