Psalms 19:13-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Die afdwalinge — wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.

14. Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.

15. Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o Here, my rots en my verlosser!

Psalms 19