Psalms 18:44-49 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

44. U het my gered uit die getwis van die volk; U het my ’n hoof gemaak van nasies; ’n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.

45. Sodra hulle van my gehoor het, was hulle my gehoorsaam, uitlanders het kruipende na my gekom.

46. Uitlanders word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings.

47. Die Here leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God van my heil!

48. Die God wat my die wraak gee en volke aan my onderwerp;

49. wat my red van my vyande; ja, U verhef my bo my teëstanders; U bevry my van die man van geweld.

Psalms 18