Psalms 17:2-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oë regverdig sien.

3. U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie.

4. Aangaande die handelinge van die mens, ék het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy.

5. My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie.

6. Ek roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord!

7. Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders!

8. Bewaar my soos ’n oogappel; verberg my in die skaduwee van u vleuels

9. teen die goddelose wat my geweld aandoen, my doodsvyande wat my omring.

10. Hulle het hul gevoel afgesluit; met hul mond spreek hulle hoogmoedig.

Psalms 17