1. ’n GEBED van Dawid. Here, hoor ’n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe.
2. Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oë regverdig sien.
3. U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie.