5. Die Here is die deel van my erfenis en van my beker; Ú onderhou my lot.
6. Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.
7. Ek sal die Here loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my.
8. Ek stel die Here altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.
9. Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;
10. want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.
11. U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.