Psalms 16:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n GEDIG van Dawid.Bewaar my, o God, want by U skuil ek.

2. Ek het tot die Here gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.

3. Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is.

4. Die smarte van hulle wat ’n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie.

5. Die Here is die deel van my erfenis en van my beker; Ú onderhou my lot.

6. Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.

Psalms 16