5. Laat hulle die Naam van die Here loof; want Hý het bevel gegee — en hulle is geskape.
6. En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het ’n wet gegee wat geeneen oortree nie.
7. Loof die Here van die aarde af — groot seediere en alle dieptes!
8. Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring;
9. berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome,
10. wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls;
11. konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;
12. jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges —