2. Die Here bou Jerusalem op; Hy versamel van Israel die wat verdryf is.
3. Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.
4. Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name.
5. Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.
6. Die Here rig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe.
7. Sing ’n danklied tot eer van die Here, psalmsing tot eer van onse God met die siter;