Psalms 144:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid.Geloofd sy die Here, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer —

2. my goedertierenheid en my bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil, wat my volk aan my onderwerp.

3. o Here, wat is die mens dat U hom ken, die mensekind dat U op hom ag gee?

4. Die mens is soos die nietigheid; sy dae is soos ’n vlugtige skaduwee.

5. Buig u hemele, Here, en daal neer; raak die berge aan, dat hulle rook!

6. Slinger bliksems en verstrooi hulle; stuur u pyle uit en verwar hulle!

7. Strek uit die hoogte u hande uit; ruk my uit, en red my uit groot waters, uit die hand van vreemdes,

8. wie se mond leuens spreek en wie se regterhand ’n regterhand van bedrog is.

Psalms 144