Psalms 139:18-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.

19. o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!

20. Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef — u teëstanders!

21. Here, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ’n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?

22. Ek haat hulle met ’n volkome haat; vyande is hulle vir my!

23. Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;

24. en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

Psalms 139