Psalms 132:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. totdat ek ’n plek vind vir die Here, ’n woning vir die Magtige van Jakob!

6. Kyk, ons het daarvan gehoor in Éfrata; ons het dit gevind in die velde van Jaär.

7. Laat ons na sy woning gaan, ons neerbuig voor die voetbank van sy voete.

8. Staan op na u rusplek, Here, U en die ark van u sterkte!

9. Laat u priesters bekleed wees met geregtigheid, en laat u gunsgenote jubel.

10. Wys u gesalfde nie af nie, ter wille van Dawid, u kneg.

Psalms 132