14. Dit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer.
15. Sy voedsel sal Ek ryklik seën, sy behoeftiges versadig met brood;
16. en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel.
17. Daar sal Ek vir Dawid ’n horing laat uitspruit; Ek het vir my gesalfde ’n lamp toeberei.
18. Ek sal sy vyande met skaamte beklee, maar op hom sal sy kroon skitter.