Psalms 132:11-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Die Here het aan Dawid gesweer in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie): Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon.

12. As jou seuns my verbond hou en my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal húlle seuns ook vir ewig op jou troon sit.

13. Want die Here het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê:

Psalms 132