Psalms 132:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n BEDEVAARTSLIED.o Here, dink aan Dawid, aan al sy moeite;

2. dat hy aan die Here gesweer het, hierdie gelofte gedoen het aan die Magtige van Jakob:

3. Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my woning of klim op die bed wat vir my gesprei is nie;

4. sekerlik sal ek my oë geen slaap gun, aan my ooglede geen sluimering nie,

5. totdat ek ’n plek vind vir die Here, ’n woning vir die Magtige van Jakob!

6. Kyk, ons het daarvan gehoor in Éfrata; ons het dit gevind in die velde van Jaär.

7. Laat ons na sy woning gaan, ons neerbuig voor die voetbank van sy voete.

8. Staan op na u rusplek, Here, U en die ark van u sterkte!

Psalms 132