Psalms 129:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n BEDEVAARTSLIED.Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af — laat Israel dit sê —

2. alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie.

3. Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek.

4. Die Here is regverdig: Hy het die toue van die goddelose afgekap.

Psalms 129