Psalms 128:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n BEDEVAARTSLIED. Welgeluksalig is elkeen wat die Here vrees, wat in sy weë wandel!

2. Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!

3. Jou vrou is soos ’n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel.

4. Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die Here vrees.

Psalms 128