Psalms 122:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid.Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die Here gaan!

2. Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!

3. Jerusalem wat gebou is soos ’n stad wat goed saamgevoeg is,

4. waarheen die stamme optrek, die stamme van die Here — ’n voorskrif vir Israel! — om die Naam van die Here te loof.

5. Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.

6. Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!

Psalms 122