Psalms 121:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n BEDEVAARTSLIED.Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?

2. My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

3. Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.

4. Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.

5. Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.

6. Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.

Psalms 121