Psalms 121:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n BEDEVAARTSLIED.Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?

2. My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

3. Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.

4. Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.

Psalms 121