Psalms 120:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n BEDEVAARTSLIED.Ek roep die Here aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.

2. o Here, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!

3. Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?

4. Skerp pyle van ’n held saam met gloeiende kole van besembosse.

5. Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon!

Psalms 120