Psalms 119:96-100 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

96. Aan alle volmaaktheid het ek ’n einde gesien, maar u gebod is baie wyd.

97. Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.

98. U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig.

99. Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing.

100. Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele.

Psalms 119