Psalms 119:93-102 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

93. Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.

94. Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele.

95. Die goddelose lê en wag op my, om my om te bring; ek gee ag op u getuienisse.

96. Aan alle volmaaktheid het ek ’n einde gesien, maar u gebod is baie wyd.

97. Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.

98. U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig.

99. Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing.

100. Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele.

101. Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u woord kan bewaar.

102. Ek het van u verordeninge nie afgewyk nie, want Ú het my geleer.

Psalms 119