89. Vir ewig, o Here, staan u woord vas in die hemele.
90. U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde bevestig, en dit bly staan.
91. Volgens u verordeninge bly hulle vandag nog staan, want alle dinge is u knegte.
92. As u wet nie my verlustiging was nie, dan het ek omgekom in my ellende.
93. Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.
94. Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele.