83. Want ek het geword soos ’n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie.
84. Hoeveel sal die dae van u kneg wees? Wanneer sal U gerig oefen onder my vervolgers?
85. Vermeteles het vir my kuile gegrawe, hulle wat nie lewe na u wet nie.
86. Al u gebooie is waarheid; hulle vervolg my sonder oorsaak; help my!
87. Hulle het my amper vernietig op die aarde; maar ék het u bevele nie verlaat nie.
88. Maak my lewend na u goedertierenheid, dat ek die getuienis van u mond kan onderhou.