Psalms 119:81-86 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

81. My siel smag na u heil; op u woord wag ek.

82. My oë smag na u belofte en sê: Wanneer sal U my vertroos?

83. Want ek het geword soos ’n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie.

84. Hoeveel sal die dae van u kneg wees? Wanneer sal U gerig oefen onder my vervolgers?

85. Vermeteles het vir my kuile gegrawe, hulle wat nie lewe na u wet nie.

86. Al u gebooie is waarheid; hulle vervolg my sonder oorsaak; help my!

Psalms 119