Psalms 119:76-83 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

76. Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg.

77. Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging.

78. Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ék oordink u bevele.

79. Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat u getuienisse ken.

80. Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie.

81. My siel smag na u heil; op u woord wag ek.

82. My oë smag na u belofte en sê: Wanneer sal U my vertroos?

83. Want ek het geword soos ’n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie.

Psalms 119