Psalms 119:55-63 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

55. Here, in die nag het ek gedink aan u Naam, en ek het u wet onderhou.

56. Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het.

57. Die Here is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar.

58. Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte.

59. Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse.

60. Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou.

61. Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie.

62. Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge.

63. Ek is ’n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou.

Psalms 119