34. Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte.
35. Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek ’n behae.
36. Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie.
37. Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.
38. Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees.
39. Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed.
40. Gewis, ek het ’n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid.
41. En laat u goedertierenhede oor my kom, o Here, u heil volgens u belofte,
42. sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord.
43. En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.
44. Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd,
45. en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele.