Psalms 119:33-43 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

33. Here, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar.

34. Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte.

35. Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek ’n behae.

36. Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie.

37. Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.

38. Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees.

39. Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed.

40. Gewis, ek het ’n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid.

41. En laat u goedertierenhede oor my kom, o Here, u heil volgens u belofte,

42. sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord.

43. En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.

Psalms 119