Psalms 119:24-38 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. Ja, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne.

25. My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord.

26. My weë het ek vertel, en U het my verhoor; leer my u insettinge!

27. Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink.

28. My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord.

29. Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my genadiglik u wet.

30. Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel.

31. Ek kleef u getuienisse aan; o Here, maak my nie beskaamd nie!

32. Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart.

33. Here, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar.

34. Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte.

35. Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek ’n behae.

36. Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie.

37. Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.

38. Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees.

Psalms 119