20. My siel vergaan van verlange na u verordeninge altyddeur.
21. U dreig die vermeteles as gevloektes wat van u gebooie afdwaal.
22. Wentel smaad en veragting van my af, want u getuienisse het ek bewaar.
23. Al sit vorste en beraadslaag teen my — u kneg oordink u insettinge.
24. Ja, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne.
25. My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord.
26. My weë het ek vertel, en U het my verhoor; leer my u insettinge!
27. Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink.