Psalms 119:165-176 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

165. Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.

166. o Here, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie.

167. My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief.

168. Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U.

169. o Here, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord.

170. Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u belofte.

171. My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge.

172. My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid.

173. Laat u hand my tot hulp wees, want ek het u bevele verkies.

174. o Here, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging.

175. Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help.

176. Ek het gedwaal soos ’n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.

Psalms 119