Psalms 119:160-169 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

160. Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

161. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord.

162. Ek is vrolik oor u belofte soos een wat ’n groot buit vind.

163. Leuens haat ek en het daar ’n afsku van; u wet het ek lief.

164. Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge.

165. Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.

166. o Here, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie.

167. My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief.

168. Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U.

169. o Here, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord.

Psalms 119