Psalms 119:142-153 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

142. U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid.

143. Benoudheid en angs het my getref, maar u gebooie is my verlustiging.

144. U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid; maak my verstandig, dat ek kan lewe.

145. Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o Here! Ek wil u insettinge bewaar.

146. Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou.

147. Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek.

148. My oë is die nagwake voor om u woord te oordink.

149. Hoor my stem na u goedertierenheid; o Here, maak my lewend volgens u verordeninge.

150. Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is.

151. U, o Here, is naby, en al u gebooie is waarheid.

152. Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het.

153. Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie.

Psalms 119