Psalms 119:142-145 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

142. U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid.

143. Benoudheid en angs het my getref, maar u gebooie is my verlustiging.

144. U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid; maak my verstandig, dat ek kan lewe.

145. Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o Here! Ek wil u insettinge bewaar.

Psalms 119